Laerskool Vredekloof blink uit op provinsiale vlak
ADVERTISEMENT
Laerskool Vredekloof blink uit op provinsiale vlak.
Op die hokkieveld het Akhile Hans sy merk gemaak deur vir die Wes-Kaap Provinsie se o.13- seunshokkiespan gekies te word. Dit is ’n besondere voorreg om ’n Wes-Provinsie-speler as deel van die Klofie-familie te hê.
Akhile se passie vir die sport en sy uitstekende sportmangees, beide op en langs die veld, is ’n inspirasie vir sy medeleerders.
Akhile Hans: Verteenwoordig Wes-Kaap Provinsie op die hokkie-veld.
Hunter Muller is gekies om die Wes-Kaap Provinsie se o.12 yshokkiespan te verteenwoordig. Hy sal saam met sy spanmaats in Junie in Gauteng deelneem. Ons wens hom sterkte toe vir die kompetisie en is baie trots op
hom.
Hunter Muller: Verteenwoordig Wes-Kaap Provinsie in Yskhokkie.
Connor Grobbelaar is gekies om die Kaapse Wynlande Judospan te verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Judokampioenskappe wat vanaf 6 tot 12 Julie in Gqeberha plaasvind. Connor se toewyding, harde werk en deursettingsvermoë het hierdie besondere prestasie moontlik gemaak. Ons wens hom alle sterkte toe vir die kampioenskap.
Connor Grobbelaar: Verteenwoordig Wes-Kaap Provinsie in Judo
Zoey de Bod is gekies om die Wes-Kaap Provinsie te verteenwoordig in yshokkie. Sy sal in Junie na Gauteng reis
waar sy die o.12A, o.14B en o.18 – damesspanne verteenwoordig.
Zoey de Bod: Verteenwoordig Wes-Kaap Provinsie in Yshokkie.










