Laerskool Upington skitter op Provinsiale vlak
ADVERTISEMENT
Laerskool Upington is ongelooflik trots op die volgende leerders wat gekies is vir die Suzuki Griquas o.13A Cravenweekspan 2026:
Julle harde werk, deursettingsvermoë, toewyding en liefde vir die spel het vrugte afgewerp. Hierdie prestasie is die resultaat van baie ure se oefening, opoffering en vasberadenheid. Ons wens julle alle sterkte toe vir die Cravenweek en vertrou dat julle elke geleentheid sal aangryp om jul talent ten toon te stel. Dra die Griquas-kleure met trots en geniet elke oomblik van hierdie besondere ervaring.













