Laerskool Tzaneen atlete geniet LS Phalaborwa-Noord atletiekdag
ADVERTISEMENT
Laerskool Tzaneen se B-atletiekspan het op Saterdag, 4 Februarie deelgeneem aan Laerskool Phalaborwa-Noord se atletiekdag. Die A-span sou deelgeneem het by Laerskool Drakensig maar dit is ongelukkig afgestel weens die weer. Die B-span het hul baie goed van hul taak gekwyt, hul het 7 eerste plekke, 10 tweede plekke, 24 derde plekke en 9 vierde plekke ingepalm. Pomolo Thipe is ook aangewys as die Junior Victrix Ludorum.

Pomolo Thipe









