Laerskool Stulting Graad 2 leerders geniet die skeppende kuns aktiwiteit
ADVERTISEMENT
Laerskool Stulting Gr.2 Gogga-klas het 21 Februarie 2025 tydens hul week se skeppende kuns-aktiwiteit “Josef se kleed” gemaak.
Hulle het afval stukkies lap en knope gebruik en die pragtigste jasse was ontwerp. Dit was georganiseerde chaos, maar absoluut fantasties om die maats se groeiende kreatiwiteit dop te hou.
En kyk jy so na die jasse, kan mens verstaan hoekom Josef se broers so jaloers was op hom en sy mooi kleed wat hul pa, Jakob, vir Josef gegee het.





















