Laerskool Rustenburg boogskiet deelname by Ferdinand Postma Interskole
ADVERTISEMENT
Laerskool Rustenburg se skuts het op Saterdag, 21 Junie aan die Ferdinand Postma Interskole boogskietkompetisie by HS Ferdinand Postma deelgeneem. Ons Larries-skuts het mooi presteer. Alhoewel ons hierdie keer net aan die individuele kompetisie deelgeneem het, is ons trots op hul prestasies. Met groot opgewondenheid sien ons uit na die wonderlike dinge wat die toekoms vir ons Larries-skuts inhou. Die Larries seunsskuts het vier en dogterskuts het een plek in die top 10 verower. Die volgende skut het uitgeblink, Dean Venter het eerste geëindig onder die primêre-seunsskuts met ’n pragtige telling van 293 uit 300. Ons is ongelooflik trots op elke lid van ons skuts wat Laerskool Rustenburg se naam so hoog hou!

Dean Venter









