Laerskool Proteapark swemmer maak groot golwe in die swembad
ADVERTISEMENT
Laerskool Proteapark het aan die SA Level 2 Regional Championship in Bloemfontein gaan deelneem. Riandu Basson was een van 12 swemmers uit die Noordwesprovinsie wat gekies is om daar te gaan deelneem en presteer soos volg.
- 1ste – 100m Vryslag
- 1ste – 50m Vryslag
- 2de – 200m Vryslag
- 2de – 4 x 50m wisselslag aflos
- 2de – 4 x 50m gemengde wisselslag aflos
- 2de – 4 x 100m vryslagaflos
Baie geluk Riandu! Ons is ongelooflik trots op jou!










