Laerskool Pretoria-Oos tennis wys hul staal teen ander top skole
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan ons tennis seuns en dogters wat vanaf 26 Februarie tot en met 1 Maart aan die tennistoernooie te Grey en Oranje Meisieskool deelgeneem het. Die seuns en dogters het hulself goed van hul taak gekwyt. Die dogters eindig in ʼn algehele 7de plek en die seuns behaal ʼn algehele 3de plek. Ruben Brecher domineer op die baan en word as die algehele beste nommer 1 speler aangewys. Dit is voorwaar noemenswaardig dat Ruben Brecher ook vir die Sportmanskaptoekenning genomineer was en dié baie spesiale toekenning ontvang het. Ruben, dit is vir ons as Osies opvallend hoe jy ons naam op, en van die baan af, met trots hoog gehou het. Dit wys vir ons dat dit nie net oor die oorwinning gaan nie, maar veel eerder oor die wyse waarop ons skukses behaal.Laerskool Pretoria-Oos is trots!

Tennisspelers

Tennisspelers

Tennisspelers

Ruben Brecher









