Laerskool Kalie de Haas judoka skitter
ADVERTISEMENT
Die afgelope naweek het Standerton Judo-klub uitmuntend gevaar by die 3de Sedibeng distrik kompetisie. Zavior Prinsloo het ‘n brons medalje verower en Lehan Prinsloo, het met ‘n silwer medalje weggestap. Vivike de Beer het ‘n goue medalje verower, terwyl Zaiden Viljoen ook goud gewen het. Hierdie talentvolle Judokas se harde werk en toewyding het vrugte afgewerp, en hulle is gekies om Sedibeng te verteenwoordig by die Masakhane Groot 5 span Kampioenskappe, wat op 14 September plaasvind. Laerskool Kalie de Haas wens hulle alle sterkte toe met die opkomende kampioenskappe!










