Laerskool George-Suid atlete vaar tops by die SA Junior Kampioenskappe
ADVERTISEMENT
Laerskool George-Suid atlete vaar tops by die SA Junior Kampioenskappe! Ons Loeries het uitstekend presteer en hul merk gemaak op nasionale vlak!
Uitslae:
- Nianke Fourie – 75m hekkies: 1ste, 150m hekkies: 1ste en verspring: 1ste
- Nianke het 3 Suid-Afrikaanse rekords gebreek en is aangewys as die beste dogters veld- en baanatleet van die dag!
- Misha Meyer – 1200m: 1ste
- Esrie Kotzee – Gewigstoot: 1ste en Diskus: 3de
- Annabelle van der Merwe – Gewigstoot: 4de
- Mieke de Waal – Hoogspring: 4de
- Imke Theart het ook uitstekend gevaar in hoogspring!
Baie geluk aan elke atleet!










