Laerskool De Tyger is trots op hul stoeiers
ADVERTISEMENT
Ruan Rawles (Graad 1), Ewan en Arno Mostert (Graad 6) het deelgeneem aan ‘n WP-stoeitoernooi. Ruan en Ewan het ‘n 2de plek behaal, en Arno het ‘n 4de plek behaal in hul onderskeie afdelings. Baie geluk. Laerskool De Tyger is trots op hierdie manne.
Ruan Basson (Graad 7) het op 19 Augustus 2023 aan die WP Kampioenskappe deelgeneem en drie goue medaljes verower. Hy neem 6 – 7 Oktober weer deel aan die SAWF Nasionale Kampioenskappe, waar hy die afgelope twee jaar reeds ‘n brons, silwer en goue medalje verower het. Baie geluk en sterkte met jou voorbereiding. Ons is trots op jou!













