Laerskool Bosveld leerders eet gesond
ADVERTISEMENT
Die Junior en Senior Bossie-kidz is onderskeidelik 9 en 23 Mei, deur Die dieetkundige, Nelia Jordan besoek.
Sy het met humor op ‘n maklik verstaanbare manier verduidelik hoe noodsaaklik dit is om gesonde kos te eet. Sy het idees gegee hoe om meer gebalanseerd te lewe. Dit was ‘n ‘vrugtevolle’ sessie waar daar gelag, gevoel, geruik…en selfs geproe is aan ‘n lemoen.
Ons is dankbaar dat sy tyd afgestaan het om ons kinders te leer hoe waardevol dit vir Bossie breine en Bossie lywe is om gesond te eet.
Sy kan gerus geskakel word by 0827812380.
















