Laerskool Bellville-Noord Groentjiesklub besoek Simonstad
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord Groentjiesklub het Saterdag, 2 Augustus, ‘n tweede keer hierdie kwartaal ‘n draai gemaak in Simonstad. Op die program was ‘n baie interessante besoek aan die SAS Assegaai Duikbootmuseum asook die fassinerende Simonstad Speelgoedmuseum. Hul het ook ingeloer by ‘n klein Indiese restaurantjie voordat die spannetjie ook ‘n paar van die stalletjies daar ondersteun het. Danksy onderhandelings (bargaining) met die eienaars het hul vele rande gespaar teenoor wat van die oorsese besoekers heel moontlik betaal het.













