Laerskool Bellville-Noord bied eerste revue aan na Covid
ADVERTISEMENT
Laerskool Bellville-Noord se eerste revue sedert Covid het plaasgevind vanaf Dinsdag 19 tot 21 September. Dinsdag het ons ‘n paar ouetehuise uitgenooi vir ‘n oggend optrede, en die aand was toe die heel eerste vertoning vir die publiek. Donderdag-aand was die laaste publieke optrede, en Vrydag-oggend het ons dit vir onsself opgevoer sodat ons kon sien hoe die ander klasse se optrede/dansies gelyk het. Die onnies se optrede aan die einde was natuurlik een groot lekkerte vir die kinders. Dit was ‘n groot sukses na weke en weke se harde werk en inoefening van die dansies tussen die normale skoolwerk en sport deur. Ons is baie trots op juf. Charlin Etzebeth wat die revue georganiseer en uitgedink het, asook alle Bellville-Noorders wat hieraan deelgeneem het.





















