Laerskool Bellville-Noord besoek huis Boland met ietsie lekkers
ADVERTISEMENT
Die Raad van Leerders van Laerskool Bellville-Noord het Vrydag, 29/5, die senior inwoners van Huis Boland besoek. Hul het die inwoners bederf met heerlike koekies wat met liefde deur omgee-ouers van die skool geskenk was.
Dit was vir die kinders ‘n groot voorreg om tyd saam met die ooms en tannies deur te bring en ‘n bietjie vreugde na hul dag te bring. Die inwoners was baie dankbaar vir die kuier en het selfs gevra dat ons binnekort weer moet kom kuier. Baie dankie aan elke ouer wat gehelp het om hierdie spesiale uitstappie moontlik te maak.
Mev. Estelle van Eeden het die besoek veral spesiaal ervaar aangesien sy vir etlike jare by Bellville-Noord vir die graad R’e skoolgegee het.










