Laerskool Baanbreker leerders presteer by die Interskole Landsfinaal van die Redenaarsliga
ADVERTISEMENT
Laerskool Baanbreker is ongelooflik trots op ons leerlinge wat hul stemme laat tel het by die Interskole Landsfinaal van die Redenaarsliga!
Met selfvertroue, passie en kragtige boodskappe het hulle die verhoog betree en gewys dat jong denkers ‘n verskil kan maak.
Dankie aan elke deelnemer, afrigter en ondersteuner – julle het ons skool se naam met trots gedra!
Verder is Laerskool Baanbreker ook as een van die Top 3 skole in twee kategorieë aangewys:
- 1ste plek – Unprepared Public Speaking
- 3de plek – Onvoorbereide Afrikaans Redenaars














