Laerskook Rooihuiskraal Revue groepe dans die wêreld aan die brand
ADVERTISEMENT
Laerskool Rooihuiskraal het ‘n ongelooflike revue-seisoen agter die rug! Met deelname aan onder meer die Tshwane Jeugkunstefees, 8 Beats Revue kompetisie, Centurion Kunstefees én Kaleidiscope Revue kompetisie het die Senior- én Junior Revue groepe die wêreld aan die brand gedans!
Die Junior Revue groep het ‘n 2de plek behaal in die Kaleidoscope kompetisie in die Staatsteater! Met ‘n 92% gemiddeld by Centurion Kunstefees en ‘n toekenning by 8 Beats Revue Kompetisie vir die beste kostuums het hulle verseker dat hulle 2022 produksietema nog vir lank op almal se lippe gaan bly: WATCH THIS SPACE!










