Resultate: Jean de Villiers o.16 Rugbyfees
ADVERTISEMENT
Paarl Gimnasium het tydens die April skole vakansie die nege-en-twintigste Jean de Villiers o.16- rugbyfees aangebied.
“Ek is geweldig trots om my naam aan hierdie roemryke toernooi te koppel. Vir agt-en-twintig jaar is ‘n platform geskep om nie net as rugbyspelers te groei nie, maar ook om nuwe vriendskappe vanuit diverse agtergronde te kweek. Rugby word as ‘n hulpmiddel gebruik om vaardighede en waardes te ontwikkel wat jou sal help om suksesvol te wees in enige rigting waarin jy gaan. Hopelik kan die fees meer groei en ‘n positiewe impak op elke speler se lewe maak, asook ‘n leer-ervaring vir die afrigters wees en ‘n gesins-vriendelike omgewing vir elkeen wat die fees bywoon, skep.”
Jean de Villiers
Geskiedenis van die toernooi
Nadat die stigters van Gimnasium se o.16-rugbytoernooi gedurende Maart 1992 ‘n o.15-toernooi in Cradock bygewoon het, het hulle besef dat daar oral in SA toernooie vir o.14-, o.15- en o.19-rugbyspanne aangebied word, maar nêrens in SA was daar op daardie stadium enige toernooi vir o.16-rugbyspanne nie.
Daar is toe besluit dat Gimnasium vanaf 1993 ‘n o.16-toernooi gaan aanbied met André Oberholzer en oorlede Louis Blom as die organiseerders. Dit is gedoen met die heelhartige ondersteuning van die nuwe skoolhoof, Basjan Reinhardt.
Tien o.16-rugbyspanne het die eerste toernooi bygewoon. Die daaropvolgende jaar was daar slegs agt spanne. In derde jaar het dit gegroei tot 16 en daarna moes spanne wat wou kom deelneem, weggewys word weens ‘n tekort aan akkommodasie. Sedertdien is die toernooi elke jaar aangebied, met die uitsondering van 2020 en 2021 toe die inperkingsmaatreëls weens die COVID-19-pandemie dit in die wiele gery het.
Skole wat reeds vanaf die ontstaan van die toernooi jaarliks deelneem, is – benewens Gimnasium – o.a Grey College (Bloemfontein), Afrikaanse Hoër Seunskool (Pretoria), Monument (Krugersdorp), Paul Roos Gimnasium, Hoër Jongenskool en Boland Landbouskool. Talle Springbokrugbyspelers het as o.16-spelers aan hierdie toernooi deelgeneem.
Vandag is hierdie toernooi die mees gesogte rugbytoernooi in SA. Dit is ‘n Nasionale krag-teen-krag-toernooi in die ware sin van die woord waaraan die top 24 rugbyskole in die land jaarliks deelneem. Die omvang daarvan oorskry die Cravenweek- of Grant Khomo-toernooie en die room van SA se jong rugbyspelers – toekomstige Springbokke – kan hier in aksie gesien word.
Vanaf 2021 staan die toernooi bekend as die Jean de Villiers o.16-rugbyfees ter huldiging van die Springbokkaptein en oud-Gimmie wat oor ‘n lang professionele loopbaan die spel met passie, trots en integriteit gedien het.
Uitslae van die 2023 toernooi:
| Span | Span | Resultate | |
| Diamantveld | Rustenburg | 12 | 34 |
| Framesby | Nelspruit | 26 | 52 |
| Boland Landbou | Nico Malan | 36 | 7 |
| Stellenberg | Monnas | 32 | 21 |
| Paul Roos Gimnasium | Outeniqua | 53 | 24 |
| Hoër Jongenskool Paarl | Affies | 22 | 17 |
| Hoërskool Gimnasium Paarl | Grey Kollege | 38 | 10 |
| Potch Gimnasium | Marlow | 14 | 22 |
| HTS Drostdy | Noordheuwel | 49 | 26 |
| Oakdale | Menlopark | 43 | 0 |
| Durbanville | Hilton College | 22 | 26 |
| Die Brandwag | Waterkloof | 7 | 46 |
| Durbanville | Potchefstroom Gimnasium | 81 | 0 |
| Menlopark | Diamantveld | 34 | 20 |
| Paul Roos Gimnasium | Noordheuwel | 58 | 0 |
| Oakdale | Marlow | 81 | 0 |
| Stellenberg | Affies | 5 | 41 |
| Boland Landbou | Grey Kollege | 9 | 29 |
| Hoër Jongenskool Paarl | Monnas | 45 | 7 |
| Hoërskool Gimnasium Paarl | Waterkloof | 60 | 0 |
| HTS Drostdy | Nico Malan | 20 | 24 |
| Die Brandwag | Nelspruit | 19 | 26 |
| Framesby | Rustenburg | 19 | 32 |
| Outeniqua | Hilton College | 22 | 28 |
| Die Brandwag | Diamantveld | 12 | 13 |
| Outeniqua | Waterkloof | 12 | 25 |
| Framesby | Hilton College | 24 | 50 |
| Hoërskool Gimnasium Paarl | Nelspruit | 78 | 8 |
| Menlopark | Grey Kollege | 7 | 20 |
| Boland Landbou | Rustenburg | 47 | 7 |
| Oakdale | Affies | 19 | 17 |
| HTS Drostdy | Monnas | 24 | 24 |
| Hoër Jongenskool Paarl | Noordheuwel | 26 | 2 |
| Paul Roos Gimnasium | Potch Gimnasium | Gekanselleer | |
| Stellenberg | Marlow | 54 | 7 |
| Durbanville | Nico Malan | 34 | 0 |









