Interprovinsiale fietsry vir Hoërskool Volksrust by Swadini
ADVERTISEMENT
Interprovinsiale fietsry vir Hoërskool Volksrust by Swadini. Baie geluk aan Francois en Danél de Jager wat weer eens puik presteer het met fietsry. Danél wen die tydtoets vir dogters o.15, sy wen ook die Criterium en verder wen sy ook die padfiets wedren van 56 km. Francois wen die tydtoets vir seuns o.17, hy wen ook die Criterium en behaal ʼn tweede plek in die padfietswedren van 100 km.










