HTS Drostdy is die ruggraat van Boland Skolerugby
ADVERTISEMENT
Ons is baie trots op 26 van ons rugbyspelers wat in Boland-rugbyspanne vir die komende Youth Weeks-toernooie opgeneem is.
In die Grant Khomo-span (o. 16) is daar ‘n allemintige 15 van ons spelers, in die Akademieweek-span (o. 18) is daar vyf en in die Cravenweek-span (o. 18) ses. Ons wens al hierdie spelers baie voorspoed toe vir hul voorbereiding vir die toernooie wat in die Junie-vakansie plaasvind.











