HTS Drostdy dogterskrieket skop die nuwe jaar sommer op ‘n hoogtepunt af
ADVERTISEMENT
HTS Drostdy dogters krieket skop die nuwe jaar sommer op ‘n hoogtepunt af! Mia-Lize van der Vyver en Daneli Boshoff is na afloop van Krieket Suid-Afrika se dogters o. 19-krieketweek opgeneem in die SA Skole dogterskrieketspan. Mia-Lize is aangewys as die mees veelsydige speler van die toernooi en Daneli as kolwer van die toernooi. Hierdie is ‘n ongelooflike prestasie en ons is baie trots op hulle.










