HTS Drostdy Boland senior vrouespan blink uit
ADVERTISEMENT
Mia-Lize van der Vyver en Daneli Boshoff leerders van HTS Drostdy het die afgelope vakansie die Boland Senior Vrouespan in die divisie 2 vrouekrieketkampioenskap verteenwoordig.
Uit die vyf wedstryde wat gespeel is, het Boland slegs een verloor. Teen die Knights het Mia-Lize 66 lopies aangeteken, terwyl Daneli in die wedstryd teen Eastern Storm ook ’n waardevolle bydrae gelewer het, met 35 lopies nie uit nie.
Die Boland-span het tweede geëindig in die 50-beurte-formaat en eerste in die T20-formaat.Hierdie twee dames verteenwoordig reeds ’n geruime tyd die senior span, en ons is opgewonde oor hul toekoms in die sport.













