HS Oos-Moot leerder het aan die All out War toernooi deelgeneem
ADVERTISEMENT
Danielle Theron leerder van Hoërskool Oos-Moot het deelgeneem aan RCFA – Ring Contact Fighting Arts se All Out War Toernooi in Potchefstroom, einde Mei. Sy behaal die volgende prestasies:
- Sy is tans op nommer 26 in die Top 150
- Sy ontvang die 2de meeste medaljes in haar club, Pretoria Katanas
Die medaljes wat sy verwerf het, is as volg:
- Goud – Semi Contact Supreme Fighting (Advanced)
- Goud – Baton Fighting
- Goud – African Stick Fighting
- Goud – 4th Series 1st Brown Belt

Baie geluk met hierdie mooi prestasie Danielle, ons is trots op jou.












