Hoërskool Zwartkop word deur TUKS vereer
ADVERTISEMENT
Zwarries word deur TUKS vereer!! Hoërskool Zwartkop is tydens ’n plegtige toekenningsgeleentheid deur die Universiteit van Pretoria met ’n toekenning vereer.
Hoërskool Zwartkop is aangewys as een van die top 10 skole wat die meeste studente aan die Universiteit lewer. Ons is baie trots en geëerd om hierdie toekenning te ontvang en streef daarna om voort te bou op hierdie sukses. Me. Petro Richardson, graadvoog van die 2024-matriekgroep, het die voorreg gehad om die toekenning in ontvangs te neem.










