Hoërskool Witteberg o.14 A’s het ‘n ongelooflike vertoning gelewer tydens die Waterkloof Netbalfees
ADVERTISEMENT
Klooffees: o.14A Netbalspan presteer tydens Waterkloof Netbalfees. Die o.14A netbalspan van Hoërskool Witteberg het ‘n ongelooflike vertoning gelewer tydens die Waterkloof Netbalfees wat vanaf 21 tot 25 Maart in Pretoria plaasgevind het. Die span het nie net puik prestasies opgelewer nie, maar is ook aangewys as die wenner van die Beste Junior Aanvallende Span tydens die toernooi. Die span het ‘n reeks indrukwekkende oorwinnings behaal tydens die toernooi:
- Teen Centurion: 43-2
- Teen Windhoek PVS: 22-9
- Teen Randpark: 15-5
- Teen Reddam: 28-5
- Teen Bergsig: 18-18 (Gelykop)
- Teen Framesby: 15-14
- Teen Oos-Moot: 18-11
- Teen Eldoraigne: 22-13
- Teen Waterkloof 2: 16-16 (Gelykop)
- Teen Sentraal: 10-10 (Gelykop)
- Teen Klerksdorp: 16-10
- Teen Eunice: 30-10

Foto: Voor: Zoë Ellis, Anri de Jager, Yovanka Malan, Bongi Sigasa Tweede ry: Lesedi Mohale, Sandra Schoeman, Kesia Nel, Sonelle Jonker Agter: Olga du Toit









