Hoërskool Waterkloof oudleerder bereik hoogtes in krieketakademie
ADVERTISEMENT
Alexander Busing-Volschenk is vanaf 2019 ‘n leerder by Hoërskool Waterkloof. Alexander is ‘n Namibiër in murg en been, maar het besluit om sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Waterkloof te voltooi. Alexander het by Kloof se Krieketakademie aangesluit en deur die jare groot hoogtes bereik. Hy was ook al op 13 jarige ouderdom gekies om Namibië se o. 13-krieketspan te verteenwoordig. Kloof is ongelooflik trots op Alexander wat hierdie jaar as die kaptein van die Namibiese o. 19-krieketspan gekies is. Die o. 19-Krieketwêreldbeker vind tans in Kimberley plaas. Alex, al die Klofies ondersteun jou vanuit Pretoria!













