Hoërskool Volksrust leerders neem deel aan die Sappi Mankele Bergfiets kompetisie
ADVERTISEMENT
Wat ‘n opwindende naweek vir Hoërskool Volksrust fietsryers Francois en Danél de Jager by Sappi Mankele! Dié twee avontuurlustige kinders het albei die 50km-wedren aangedurf en die topposisies bereik! Dit was ‘n uitdagende roete met steil klimme en klippaaie en die modder het die kompetisie net nog opwindender gemaak. Baie geluk aan hierdie dinamiese span wat bewys het dat hulle regtig op hul bergfietse tuis is!













