Hoërskool Volksrust fietsryer trap medaljes los in Barberton
ADVERTISEMENT
Op Saterdag, 7 Mei 2022 het Francois de Jager en Danél de Jager deelgeneem aan die Barberton XCM marathon resies. Hierdie marathon strek oor 55 km vir seuns en 30 km vir dogters. Francois behaal die eerste plek in sy kategorie en verwerf die algehele tweede plek. Danél behaal ook die eerste plek in haar kategorie. Hierdie wen het vir hulle elkeen ʼn lekker kontantbedraggie in die sak beteken. Baie geluk aan hierdie twee fietsryers.

Francois Barberton









