Hoërskool Upington o.14 netbalspan wys hul staal in die Paarl
ADVERTISEMENT
Hoërskool Upington o.14 netbalspan mag dalk nog ‘nuut’ wees, maar hulle wys klaar wat dit beteken om met Uppie-hart te speel. 7 uit 7 wenne by die Paarl Gim Netbalfees teen sterk kompetisie – ’n ongelooflike prestasie, maar wat nog meer uitstaan is die manier waarop hulle dit regkry. Die energie, die vreugde, die saamstaan en die geloof in mekaar maak hierdie span iets besonders.
Julle speel vir mekaar, julle geniet elke oomblik en julle dra die oranje en blou met trots.












