Hoërskool Swellendam tennisspelers vaar puik
ADVERTISEMENT
Op Maandag 3 Februarie het Hoërskool Swellendam se eerste seuns-tennisspan tuis teen Worcester Gimnasium gespeel. Later die week het beide die seuns- en dogterspanne tuis teen Charlie Hofmeyer van Ceres gespeel. Swellies se tennisspelers het hulle goed van hul taak gekwyt en teen beide skole gewen. Ons is trots op elke speler wat ten spyte van die week se hitte, hulle heel beste gegee het en die skool trots gemaak het!










