Hoërskool Swartland leerders beïndruk met hul monoloë
ADVERTISEMENT
ATKV Digitoneel skep ‘n nasionale platform waar leerders monoloë kan skryf, toneelspeel en hul kamera tegnieke kan beoefen, 5 van ons leerders het saam met Alma Nel monoloë ontwikkel vir hierdie kompetisie. Baie geluk aan Haniel Oberholzer wat ‘n brons sertifikaat verwerf het vir sy monoloog. Die beoordelaars was baie beïndruk met sy werk! Baie geluk ook aan Zanike Marshall wat ‘n goue sertifikaat ontvang het en ook nasionaal deel is van die top 16 wat gekies is om aan die finaal deel te neem. Sy het ongelooflike werk geskep met haar verfilming van haar monoloog waarin sy die hoofrol vertolk en ‘n baie kontemporêre tema aanspreek. Ons is trots op haar brawe werk en hou duimvas vir die top 8 wat op 3 Junie aangekondig sal word vir die verfilming van die KykNet-program, ‘In die Kollig’.











