Hoërskool Strand 60 Jaar Gala-Aand
ADVERTISEMENT
Hoërskool Strand het sy 60 ste bestaansjaar op luisterryke wyse met ʼn feestelike gala-aand in die skoolsaal gevier. By hierdie glansgeleentheid het ons erkenning gegee aan agt van ons top wynmakers in die wynbedryf – almal natuurlik trotse oudskoliere! Gaste is reeds in die voorportaal met ʼn heerlike glasie MCC van De Grendel verwelkom. Hierna het ʼn heerlike kos-en-wynproe gevolg. Die wynmakers het op kundige en vernuftige wyse die wyne by elke gereg bekendgestel. Nog ʼn oudskolier, Stéphan Ulruch, ʼn opgeleide sjef in fyngebak, het gesorg vir die perfekte afronding van ʼn koninklike maal met sy gebakte kaaskoek. Hoërskool Strand bring graag hulde aan die volgende oudleerders én wynmakers:
- Charles Hopkins (matriek 1981) – De Grendal
- Wilhelm Coetzee (matriek1985) – Durbanville Hills
- Estelle Lourens (matriek 1992) – Warwick kelder
- Riaan Möller (matriek 1994) – Lievland Vineyards
- Gerhard Swart (matriek 1995) – Flagstone
- Wim Truter (matriek 1999) – Meerlust kelder
- Phillip Vercueil (matriek 2002) – De Wet Wynkelder
- Donovan Ackermann (matriek 2006) – Rickety Bridge
Elke wynmaker het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die gaste (oudleerders en ondersteuners) met staaltjies uit hul verlede te vergas. Daar is dikwels gelag oor al die onhebbelikhede uit hul hoërskool verlede. Bekende en geliefde legendes, soos mnr. Piet Faassen en Kobus Wiese het verdere glans aan die geleentheid verleen. Dankie ook aan ons gewaardeerde borge wat gehelp het om hierdie mooi aand moontlik te maak:
- De Jagers Somerset-Wes
- Blakes Plant and Hire
- Peninsula Beverages
- SPAR Goedehoop
Dankie aan elke oudleerder, ouer en lede van die gemeenskap vir jul bydrae om hierdie aand suksesvol te maak. Erkenning word ook gegee aan ons eie personeellede en oudleerders wat as kelners opgetree het. Dit was beslis nie die laaste keer wat so ʼn funksie aangebied word nie. Volgende jaar maak ons beslis weer so! Elke gas het ʼn wynglas met ons spesiale 60-jaar logo op, as momento ontvang. Hierdie spesiale wynglase word nou ook te koop aangebied @R600 vir 6 glase. Beskikbaar by ons bemarker, me. Anso Kemp. Kontak haar gerus per e-pos by of telefonies by 0832324863.



















