Hoërskool Rustenburg oudleerder bring nuwe lewe na die verhoog
ADVERTISEMENT
Die beroemde oud Hoёrskool Rustenburg leerder, Jannes Erasmus, bring nuwe lewe na die verhoog. Jannes het ‘n Afrikaanse musiekblyspel genaamd “Die Gelofte” geskryf en redigeer wat 6 – 29 Mei 2022 in die Afriforumteater plaasvind. Nóg twee oud-Rusties, Bernice West (gematrikuleer in 2019) en Fano Blignaut (gematrikuleer in 2012) is deel van die musiekblyspel saam met ander groot name soos Nadia Beukes, Johan Vorster en Ilán van Staden.










