Hoërskool Punt atlete is gereed vir die SA Jeug Atletiekkampioenskappe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Punt is ongelooflik trots op hierdie groep atlete wat hierdie naweek in Germiston aan die SA Hoërskole Atletiekkampioenskappe gaan deelneem! Hierdie kampioenskappe bring die beste hoërskoolatlete in Suid-Afrika bymekaar – en ons is trots dat Punt sterk verteenwoordig word op nasionale vlak! Ons atlete en items:
• Catherine-Lee Gouws – 400m H
• Muhammed Kajee – 400m H
• Dian Barkhuizen – 1500m
• Ryan van Eck – Hamergooi
• Edward Swanepoel – 400m H / 400m
• Hanlo Barkhuizen – 1500m
• Alandi van Zyl – Driesprong / Verspring
• Dian Steyn – Pentathlon
• Kemilke van Zyl – 100m / Verspring
• Jessie Botha – 3000m / 1500m
Hierdie leerders het hul plek verdien deur harde werk, dissipline en deursettingsvermoë. Julle dra die naam van Hoërskool Punt met trots – en ons weet julle gaan uitblink! Sterkte met julle deelname – geniet elke oomblik en gee julle beste! Punt staan bankvas agter julle!










