Hoërskool Prieska leerder maak sy verskyning in kortfilm
ADVERTISEMENT
Ethan Oberholzer, leerder van Hoërskool Prieska is uit duisende deelnemers gekies om as “Ruan” in die kortfilm “Oogwink” te speel. Hierdie film is onlangs in Dullstroom geskiet en word later vanjaar uitgesaai. Saam met Ethan is Viljee Maritz en Albert Maritz – beide gesoute akteurs. Hierdie is ‘n jong man om dop te hou! Mooi so, Ethan, jy maak ons trots!!










