Hoërskool Overkruin se eerste rugbyspan speel ‘n ongelooflike Noordvaal wedstryd
ADVERTISEMENT
Wat ‘n Wedstryd!! Hoërskool Overkruin se eerste rugbyspan, die Ratels, het na ‘n ongelooflike wedstryd, as wenners van die Noordvaal-beker uit die stryd getree! Die eindstryd tussen Hoërskool Overkruin en Bergsig Akademie wat op Saterdag 17 Augustus in Rustenburg plaasgevind het, was soos dit ‘n finaal betaam: hard en uitdagend. Bergsig Akademie het die krane in die eerste helfte van die wedstryd behoorlik oopgedraai.
Hoërskool Overkruin se Ratels, het hul naam gestand gedoen en in die tweede helfte verbete teruggeveg om as wenners uit die stryd te tree. Met slegs 14 minute, naelbytspeeltyd oor, het die Ratels van Hoërskool Overkruin amper die onmoontlike vermag! Twee drieë en ‘n uiterse suksesvolle, moeilike strafskop later, het Overkruin, Bergsig Akademie se doppie geklink! Die eindtelling: Ovies wen 28-27!! In die die gees van die skool se 50-jarige Jubileumfees was hierdie wedstryd die kersie op die koek!! Dankie Ratels!! Die Ovies is supertrots op elke speler – karakter word oor ‘n leeftyd gebou en julle het dit in 14 minute bewys!!










