Hoërskool Nico Malan leerders blink uit in ’n veeleisende derde kwartaal
ADVERTISEMENT
Die derde kwartaal by Hoërskool Nico Malan was vol uitdagings, maar ook ryk aan belonings. Ons leerders moes ’n besige kalender van akademiese-, sport- en ander aktiwiteite balanseer. Getrou aan die skool se tradisie van uitnemendheid, het die kwartaal ’n getuienis gelewer van deursettingsvermoë, harde werk en besondere prestasie.










