Hoërskool Nelspruit bemagtig hulle entrepreneurs
ADVERTISEMENT
Hoërskool Nelspruit bemagtig hulle entrepreneurs: Op 4 Februarie 2025 het Hoërskool Nelspruit gereël dat Albert van Wyk, (‘n eiendomsbelegger, entrepreneur en skrywer van die topverkoper boek “How to become a Millionaire at 22), met ons leerders te kom gesels. Albert, ‘n 32-jarige entrepreneur van Pretoria, het sy eerste miljoen op die ouderdom van 22 gemaak en nou leer hy die nuwe generasie van entrepreneurs om dieselfde te kan doen. Hy het met die leerders kom praat en sy lewensstorie oor entrepreneurskap gedeel om die leerders te bemagtig en te bemoedig om ook entrepreneurs te word en hul eie besighede te begin. Albert het ook die leerders uitgenooi om deel te neem aan die derde seisoen van die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie en ViaTv-reeks. Die “Maak My ‘n Miljoenêr” Entrepreneur van die Jaar kompetisie is ‘n inisiatief vanaf Albert van Wyk in samewerking met ATKV-Oorde, Die Mos-inisiatief, Akademia, ATKV-sake en Afrikaansdotcom. Die doel van hierdie kompetisie is tweeledig:
1. Bewusmaking van entrepreneurskap by hoërskole
2. Bemagtiging van entrepreneurs deur mentorskap en ondersteuning
Leerders met besighede kan deelneem aan hierdie kompetisie waar hulle dan mentorskap en leiding ontvang vanaf Albert homself asook ander suksesvolle entrepreneurs. Hoërskool Nelspruit sien uit
om te sien hoeveel van ons leerders gaan inskryf vir die volgende reeks met hulle innoverende besighede met die hoop om die trofee vir entrepreneur van die jaar te wen. Verlede jaar se Top 20 het met die mentorskap wat hulle in die Maak My ‘n Miljoenêr kompetisie ontvang het, ‘n totale omset van R2 933 367,53 ingebring in net 8 maande met ‘n totale profyt van R1 170 438,03. Dit laat die Top 20 met ‘n indrukwekkende besigheidsgroei van 5 859% in die agt maande van die kompetisie. Die kompetisie bemagtig definitief ons jong Suid-Afrikaanse entrepreneurs.
Daarom is Albert van Wyk weer opsoek na die Hoërskool Entrepreneur wat hy kan mentor om in sy voetspore te volg en ook ‘n miljoenêr te word. Is hierdie entrepreneur by Hoërskool Nelspruit?
Vir meer inligting oor die kompetisie, kyk na https://www.maakmynmiljoener.co.za/ . Die “Maak My ‘n Miljoenêr”-reeks episodes word uitgesaai op ViaTv kanaal 147 om 19:30 vanaf 7 Augustus 2025. Inskrywings sluit 28 Maart 2025.
Foto: Albert van Wyk












