Hoërskool Montana atlete ingesluit in die SA o.18 Atletiekspan
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Isabella Gunter en Johanné Lamprecht van Hoërskool Montana wat by die SA 0/18-atletiekspan ingesluit is om vanaf 3 – 14 Julie aan die Africa Region 5 Games in Namibië te gaan deelneem.
Hulle verteenwoordig Suid-Afrika onderskeidelik in die volgende items:
- Isabella – 200m
- Johanné – gewigstoot en diskus
Ons weet dit verg harde werk en deursettingsvermoë. Ons is saam met julle opgewonde en baie trots!










