Hoërskool Linden verwelkom klas van 2026
ADVERTISEMENT
Hoërskool Linden verwelkom klas van 2026! Ons het hierdie naweek ons Graad 8’s van 2022 verwelkom met ‘n “kamp” by die skool. Spanbou, kenmekaar, waterkaskenades, ongelooflike aktiwiteite aangebied deur Project Summit Camps en die skool se tradisies en waardes leer ken, was op die program. Dit was hope pret en beslis ‘n naweek om te onthou! Dankie aan elkeen wat dit moontlik gemaak het. Ons sien uit na ‘n wonderlike jaar saam met julle!












