Hoërskool Jan van Riebeeck leerders skitter in sport
ADVERTISEMENT
Hoërskool Jan van Riebeeck leerders skitter in sport
Rugby: Ons senior rugbymanne het aan die baie bekende Villagers 7’s-toernooi deelgeneem en tree as wenners uit die stryd in die ‘bowl’-finaal. Dit is die 52ste jaar dat dié toernooi in Kaapstad aangebied word en 18 top-rugbyskole neem weer deel. Ons klop vir Bishops 19-17 in die finaal!

Netbal: Ons o.17-netbalspan het op Saterdag, 2 September as die wenners van die CTHSN (WP) se Fast 5-netbaltoernooi geeindig. Jan van Riebeeck dring nou deur na die Wes-Kaapse kampioenskappe wat volgende Saterdag, 9 September in die Paarl aangebied word. Ons is baie trots op ons puik spelers en afrigter, René Venter!

Landloop: Scarlett van der Merwe het op Saterdag, 2 September, by die Wes-Kaapse Landloopkampioenskappe ‘n derde plek én persoonlike-beste-tyd (15:53) losgehardloop! Sy is ingesluit in die Wes-Kaapspan wat nou in Gauteng aan die SA-kampioenskappe deelneem.

Hokkie:Ons eerste dogtershokkiespan klop Saterdag, 26 Augustus, vir Camps Bay High School 3-0 in die finaal van die WP-uitnodigingspremierliga!










