Hoërskool Grens toer na Mosselbaai
ADVERTISEMENT
Die Hoërskool Grens eerste netbalspan het aan die AJ Sportweek in Mosselbaai deelgeneem. Die uitslae is as volg:
Dag 1:
- Grens vs. Hoërskool Hopetown (Grens wen 28 – 7)
- Grens vs. Curro Langebaan (Grens wen 44 – 6)
- Grens vs. Hoërskool (Grens wen 32 – 2)
- Grens vs. Hoërskool Ferdinand Rabie (Grens wen 43 – 3)
Dag 2:
- Grens vs. Hoërskool Dirkie Uys (Grens wen 19 – 16)
- Grens vs. Charlie Hofmeyr (Grens verloor 14 – 19)
- Grens vs. Hoërskool Hartswater (Grens wen 23 – 14)
Dag 3:
- Grens vs. Hoërskool Bredasdorp (Grens wen 32 – 15)
- Grens vs. Hoërskool Punt (Grens wen 24 – 8)
- Grens vs. Vereeniging Gimnasium (Grens verloor 15 – 18)
Uit ‘n totaal van 20 skole, eindig Hoërskool Grens in die derde posisie. Amori Matthee word as die beste Hoërskool Grens-speler aangewys en ontvang ‘n medalje. Daar word ook spesiale vermelding van die volgende spelers gemaak en hulle ontvang ook elk ‘n medalje:
- Akho Mtakatya
- Karmi Skein
- Sané Matthee
Travel and Sport organiseer ‘n toer na Malta. Hierdie toer sluit ‘n besoek aan verskeie besienswaardighede, asook wedstryde teen plaaslike spanne, in. Amori Matthee en Rachael Crafford is tot hierdie toergroep verkies.

(Foto van links na regs: Sané Matthee, Karmi Skein, Amori Matthee, Akho Mtakatya)

(Foto van links na regs: Amori Matthee, Rachael Crafford)









