Hoërskool Garsfontein bofbalspeler gekies vir die SA Elite Opleidingspan
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Kiara vd Schyff (Graad 9) van Hoërskool Garsfontein met haar uitstaande prestasies tydens die “Nasionale Bofbalkampioenskappe” wat van 28 Maart tot 1 April plaasgevind het. Kiara het Gauteng verteenwoordig en is aangewys as die beste linker buiteveldspeler in die o/15-afdeling, asook opgeneem in die toernooi-span. Sy was deel van die Gauteng o/15A-span wat die toernooi gewen het, en is boonop gekies vir die SA Elite Opleidingspan.
Garsies is ongelooflik trots op jou, Kiara!









