Hoërskool Framesby redenaars dring deur na die nasionale finaal
ADVERTISEMENT
Baie geluk aan Hoërskool Framesby leerders Marlien Grobler en Minke Nel wat op 14 Junie 2025 te Ooskus Gimnasium aan die Oos-Kaap streeksfinaal van die Radikale Redenaars deelgeneem het. Hulle het albei deurgedring na die nasionale finaal wat op 18 Oktober te Laerskool Concordia in Boksburg sal plaasvind.











