Hoërskool Ferdinand Postma maak naam by Noordwes twee- en driekamp
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ferdinand Postma maak naam by Noordwes twee- en driekamp. Die Noordwes twee- en driekampligas is weer volstoom aan die gang. Die derde liga byeenkoms van die jaar het hierdie afgelope Saterdag, 5 Maart, by Vaal de Grace te Orkney plaasgevind. Geluk aan Hanru Brits in graad 12, Krynauw Brits in graad 10, Isak Hitge in graad 10 en Juf. Jolanda Rosin wat almal eerste in hul ouderdomsgroepe was by die NW liga.
Isak Hitge het aan die Duathlon Sprint (5 km hardloop, 20 km fietsry, 2.5 km hardloop) deelgeneem en Hanru, Krynauw, Juf. Jolanda Rosin en Juf. Surina Scholtz die Triathlon Sprint (750 m swem, 20 km fietsry, 5 km hardloop). Isak was algeheel tweede, Krynauw algeheel vierde, Hanru algeheel vyfde met Juf. Jolanda algeheel eerste van die dames. Ons is trots op al die Ferdies! Geluk aan Juf. Scholtz se seun, Rias, wat ook sy eerste Tri-Duathlon voltooi het.

Jolanda Rosin, Surina Scholtz, Rias Scholtz

Isak Hitge, Hanru Brits, Krynauw Brits

Isak Hitge, Jolanda Rosin, Hanru Brits, Krynauw Brits, Surina Scholtz









