Hoërskool Ermelo tennisspelers neem deel aan Mpumalanga-proewe
ADVERTISEMENT
Hoërskool Ermelo tennisspelers neem deel aan Mpumalanga-proewe. Vier van EHS se tennisspelers het die afgelope naweek aan die Mpumalanga -proewe in Nelspruit gaan deelneem. Die Erries vaar uitstekend:
- In die o.15 -Mpumalangaspan eindig Henning Romijn tweede en Dick Rouillard vyfde.
- In die o.19 -Mpumalangaspan eindig Louis Rouillard vierde en Adiano Mclean sewende.
Baie geluk. EHS is met reg trots op julle insluiting in hierdie spanne.

(vlnr):
Henning Romijn, Dick Rouillard, Louis Rouillard en Adiano Mclean.









