Hoërskool Durbanville skitter by die Radikale Redenaars se streeksfinaal
ADVERTISEMENT
Twee van Hoërskool Durbanville se Redenaars het aan die Radikale Redenaars se streeksfinaal deelgeneem by Laerskool Bastion. Minje le Roux behaal TWEEDE plek in die Afrikaans Moedertaal kategorie vir graad 9. Tara Janse van Rensburg behaal VIERDE plek in die Afrikaans Moedertaal kategorie vir graad 11. Ons junior spanredenaars dring ook deur na die Nasionale Finaal wat in Oktober in Gauteng plaasvind. Die span is: Sion Coetzee, Simon Viljoen en Minje le Roux.











