Hoërskool Durbanville leerder verwerf WP klere in Karate
ADVERTISEMENT
Adam Gerber van Hoërskool Durbanville het Saterdag 7 Februarie 2026 sy WP klere verwerf vir Karate. Hy het eers Saterdag 31 Januarie 2026 deelgeneem aan die KACTU (Karate Association Cape Town Unicity ) kompetisie en het Brons vir beide Kata en Kumite verwerf. Adam kwalifiseer om aan die KAWC Elite Championships deel te neem, waar hy sy WP klere verwerf. Hy behaal Silwer vir Kata en Brons vir Kumite. Adam neem 20 Maart 2026 deel aan die “Karate South Africa National Championships” in Durban. Sterkte Adam!










