Hoërskool Durbanville leerder presteer by die Con Spirito Aanlyn Kreatiewe Skryfwerk kompetisie
ADVERTISEMENT
Jacobus van Zyl van Hoërskool Durbanville het gedurende April 2025 deelgeneem aan die Con Spirito Aanlyn Kreatiewe Skryfwerk Afrikaanse Opstel (Eerste Taal) kompetisie. Hy het 94 % behaal vir sy kreatiewe skryfwerk Afrikaanse Opstel en is ook die Item Wenner van die rondte van die kompetisie. Jacobus sal tydens Augustus / September aan die nasionale kompetisie deelneem.










