Hoërskool Durbanville Eerste Dogters Hokkiespan wen die Bowl afdeling van die Belgotex All Girls Hokkietoernooi
ADVERTISEMENT
Hoërskool Durbanville se eerste Dogters Hokkiespan het onlangs die Bowl afdeling van die Belgotex All Girls Hokkietoernooi gewen. Die volgende dogters was ook aangewys as Spelers van die Wedstryd:
- Amy ten Cate
- Ronel Rautenbach
- Zieke Rossouw
- Kiara Kömmer
Durbanville se 1ste Seuns Hokkiespan het onlangs ‘n algehele tweede plek behaal by die Winelands Cup.










