Hoërskool Diamantveld rugbyspanne presteer in die Kovsieliga
ADVERTISEMENT
RUGBY – KOVSIE SEMI-FINALE. Baie geluk aan Hoërskool Diamantveld se Eerstespan en o/15-span wat in Bloemfontein oorwinnings behaal het. Die Eerstespan het teen Hoërskool Fichardtpark te staan gekom en ’n oortuigende sege van 35–7 behaal, nadat die halftydtelling nog gelykop op 7 elk was. Die o/14-span het ook teen Fichardtpark gespeel en naelskraap met 12–17 verloor.
Die o/15-span het teen Hoërskool Sentraal uitgedraf en ’n welverdiende oorwinning van 21–17 verseker.
Ons Eerstespan en o/15-span kwalifiseer dus vir die finaal van die Kovsieliga, wat volgende naweek plaasvind.











